I would like to share this story of a miracle that happened on the base during this term. Actually it is the testimony of one of our Family Ministry School students that he told during a corporate meeting here on the base. I thought that this is such and amazing testimony of Gods healing power when I heard it.
From the beginning of the term he has had tremendous back pain. On this particular morning during worship time he told his wife that he was going to go outside and walk around a bit because his back is to painful. He walked up to the cross that is planted on our lawn and stood against it with his back. He did this as a way to support his back but as he stood there he felt God speak to him and say that he should stay standing there until the sun breaks through the clouds. When that happens he will be healed. He obeyed and about an hour and a half later the sun did break through the clouds. When he walked away from the cross he could feel the pain stay behind. From that moment of he has been healed.
Friday, March 16, 2012
Friday, March 2, 2012
Ons nuutste doen en late hier by YWAM
Sewe-en- twintig nasionaliteite, vyf-en-tagtig
studente en honderd-en-twintig personeel. Dit is wie almal die begin
van die termyn bymekaarkom by ons eerste gesamentlike byeenkoms, en in ons harte is 'n verwagting dat baie mense se lewens
deur die liefde van Jesus verander gaan word in hierdie jaar wat voorlê. Ek kan
werklik sê dat dit dan ook juis die geval is: nou dat ons al 'n paar maande
gevorder het met hierdie jaar, is dit vir my so bemoedigend om te sien hoe oop die studente is om te
leer en alles te ontvang wat Jesus vir hulle het vir hierdie seisoen van hulle
lewens. Ek kan getuig dat ons sien hoedat die krag van die Heilige Gees in mense
werk en hulle kom genees en bedien met Vader God se liefde en hoedat mense se
lewens weekliks verander word soos wat die
Heilige Gees openbaring bring.
Nog 'n
hoogtepunt van hierdie termyn is die “Marriage
Week” wat deur ons Familie bediening gereël is. Dit is 'n
internasionale byeenkoms wat reeds in 25 ander lande gehou word , maar wat
hierdie jaar vir die eerste keer in Suid- Afrika aangebied is. Die byeenkoms is
ge-open deur Worcester se Burgermeester en sy
vrou hier in ons saal op die YWAM Basis. Ons het ook die geleentheid gehad om
vir hulle te bid.
Behalwe die
skole wat hierdie termyn aangebied word, het ons ook 'n drie weke lange “Troubadoer Arts Seminar” aangebied met studente wat
van so ver as Namibië gekom het om hulself daardeur te kom toerus. Rozelle het ook die drie weke kurses bygewoon en dit
baie geniet. Die hoogtepunt van die seminaar was die laaste Saterdag toe al die
studente saam op 'n uitreik Somersetstrand toe
gegaan het en op die strand die danse en dramas gedoen het en so die evangelie
verkondig het.
Ons
Dissipelskap uitreikspanne wat teruggekom het van onder adere Brazil en Malawi getuig hoedat hulle die krag van die Here sien werk het. By 'n geleentheid
in Malawi het hulle die Jesus film gewys en toe dit kom by die deel van die
kruisiging het hulle die film gestop en mense genooi wat wil vorentoe kom vir
gebed. Een van die gevalle was 'n man wat blind was wat vorentoe gekom het en
toe hulle vir hom bid het sy oë oopgegaan en
kon hy weer sien. Prys Jesus vir die krag van Sy naam!
Die kinders is ook nou al weer goed aan die gang met al
hulle skool aktiwiteite. Altwee geniet hulle
dansklasse en ons is veral dankbaar dat ons vir Chané kon laat
inskakel by “Vibrant”- 'n christen dansskool in die dorp.
Ons is
dankbaar vir jou gebed en ondersteuning. Ons is opgewonde oor wat Vader doen
hier by YWAM Worcester en ons prys die Here vir jou
aandeel in ons lewens wat die werk hier help moontlik maak.
Baie
liefdegroete Arno , Mariska en
kinders.
a. Arno word verras met 'n
sjokeladekoek tydens 'n werksvergadering op sy
verjaarsdag
b. Gebed vir die Burgermeester
met die opening van die Huweliksweek
c. "Compassion DTS" studente
word uitgestuur na hulle skool.
d. Die drie vrouens in my lewe
by 'n uitstappie in Kirstenbosch
e. Mansstudente direk na hulle
terugkeer van hul uitreik in Brazil.
f. Pretfoto op die uitstalbord
van die huidige DTS Studente.
Subscribe to:
Posts (Atom)